Hofmeyr se vertoning tot dusver Vryfees se topverkoper
MET skaars twee weke sedert die opening van kaartjieverkope vir die Vryfees in Julie op die Kovsiekampus, het Steve Hofmeyr dit reggekry om man-alleen die Callie Human-sentrum met sy meer as 1 300 sitplekke, byna vol te maak.
Moet dus nie langer as die komende week uitstel om kaartjies vir sy vertoning, 25 jaar se bestes, op te raap nie.
Op die lys van topverkopers het Elize Cawood en Wilson Dunster se Die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer opgeskuif tot die derde plek.
Ook verkope vir Heidi het opgeskuif om die immergewilde kinderstuk in die negende plek te bring.
Die gewildste verkopers vanjaar is ’n sprekende voorbeeld dat die legendes in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf uiters gelief onder die Vryfeesgangers is.
Kaartjies vir die Vryfees (9 tot 14 Julie) is by Computicket te koop.
Vir die gerief van Bloemfonteinse feesgangers, is ’n kaartjieverkooppunt vanjaar weekdae by die Odeion op die Kovsie-kampus van 08:00 tot 16:30 oop.
Die tien topverkopers:
1. Steve Hofmeyr – 25 jaar se bestes
2. Die Leo’s
3. Die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer
4. HOLM: GeMARIONneer
5. Die buite-egtelike oupa
6. Chris Chameleon en die Bloemfontein-kinderkoor: Droomland
7. Romanz & Nianell
8. Spectacular spectacular
9. Heidi
10. Volume 2
|